AANDAG
ALLE OUDSTUDENTE
Die voortbestaan van die Grootfontein Oudstudente Unie (GOSU) is tans in
die weegskaal en wel om die volgende redes:
1.
Ten spyte van werwing onder
die huidige studente bestaan daar nie enige motivering en erns onder die
studente om by die GOSU aan te sluit nie omdat die Unie huidiglik geen
voordele vir sy lede kan bied nie.
2.
Die enigste vorm van inkomste
wat tans gegenereer word, is rente op ‘n belegging, Evkom effekte en R20 wat nuwe lede betaal om by die
Unie aan te sluit.
3.
Indien ‘n nuwe lid teen ‘n
eenmalige bedrag van R20 aansluit by die Unie, hou dit ook geen finansiële
voordele in vir die GOSU nie aangesien daar, maar sowat vyf tot tien studente
jaarliks by die Unie aansluit.
4.
Die GOSU bestaan tans uit
sowat 1 200 lede en daar word jaarliks groot onkostes aangegaan om‘n
uitnodiging na elke lid vir die Reünie/Diplomadans te stuur en ‘n adres
veranderings vormpie word ook ingesluit om op hoogte te bly van die doen en late
van die lede.
5.
Die enigste terugvoering word
gewoonlik ontvang van oudstudente wat ‘n reünie wil reël en dan bestaan so
‘n groep gewoonlik uit baie oudstudente wat nie lede is nie.
Volgens ‘n balansstaat soos op 30 September 2000 was daar ‘n afname
in fondse van R1 387.68. Drastiese
stappe moet geneem word om die voortbestaan van die Unie te verseker.
Die bestuur wil graag ‘n dringende versoek tot alle oudstudente
rig en u vra vir ‘n minimum donasie van R20 aan die GOSU om hierdie Unie sy
volle bestaansreg te laat kry sodat meer vir u as lede gebied kan word.
Ons sal dit waardeer as u dalk enige voorstelle vir ons kan indien, wat
ons op die jaarvergadering kan voorlê aan die lede vir moontlikhede om fondse
op ‘n meer permanente basis te genereer. Indien fondse op ‘n
meer permanente basis ge-in kan word kan ons daaraan begin dink om die fondse
aan te wend vir die uitgee van ‘n nuusblad, opknapping van die Kollege se
sportgeriewe en moontlik die toekenning van beurse aan studente. Die paviljoen en
tennisklubhuis is geriewe wat in die verlede met fondse van die GOSU voorsien is
en die tennisbane benodig tans baie dringend aandag. Die Kollege het ook
‘n groot behoefte vir muurbalbane en daar is ook tans ‘n tekort aan perde en
toerusting vir die Perdryklub.
Die Kollege bied gedurende die Junie vakansie die jaarlikse
Interkollege aan en is dit ons verantwoordelikheid om hierdie groot groep
spelers en ondersteuners te akkommodeer en trakteer. Dit is een van ons
ideale om die tennisklubhuis wat altyd vir reünie byeenkomste gebruik word, in
‘n volwaardige sportklub te verander om die Kollege se gaste en
belanghebbendes te kan trakteer en onthaal.
U alma mater maak
staat op u ondersteuning en bystand as oudstudent van die Grootfontein
Landboukollege.
Grootfontein groete.
Die President van
die GOSU
[Back]