- Home
- Mnr Piet de Jager
Mnr Piet de Jager
OUDSTUDENT VAN LANDBOUKOLLEGE GROOTFONTEIN EN
OUD-DOSENT VAN DIE LANDBOUKOLLEGE POTCHEFSTROOM
PIET DE JAGER : OORLEDE 25 JULIE 2002
Piet de Jager is gebore te Britstown op 22 Mei 1929. Hy matrikuleer aan die Theron Hoërskool te Britstown.
- 1948 - 1950 Doen klerklike werk in die Departement van Pensioene, Pretoria.
- 1951 - 1952 Hy voltooi sy landboudiploma aan die Landboukollege Grootfontein in 1952.
- 1953 - 1958 Tree op as Skaap- en Woldeskundige vir WGA en FCU. Gee tegniese advies aan boere ten opsigte van skaapklas, wolklas, bestuurspraktyke en telingspraktyke asook voedingspraktyke. Hou wolskole, en beoordeel op veelvuldige skoue.
- 1958 Werk vir ondervinding op ‘n stoetplaas by name Uardry in die Hay distrik, Australië as Jackaroo vir 4 maande. Hierna besoek hy alle belangrike teelstasies ten opsigte van Merinoskaap in Australië. Hy maak ‘n studie van hul skaapbedryf en woon onder andere die Sydney-skaapskou by wat die grootste skaapskou ter wêreld is.
- 1958 - 1962 Bestuur ‘n stoetmerino-boerdery vir ‘n weduwee Strauss in die Kenhardt distrik.
- 1962 tot aftrede Departement van Landbou, Hoëveldstreek, Potchefstroom.
- 1974 Verwerf die B.Comm graad buitemuurs aan PU vir CHO
- Skaapgebied en boerdery
Hy was hoofsaaklik gemoeid met studente opleiding ten opsigte van skaap en wol, maar was ook gedeeltelik betrokke by veekunde navorsing omdat opleiding op daardie tydstip nog onder die seksie Veekunde geresorteer het. Gedurende die tyd het hy ook veelvuldige wolskoue, beoordelingskursusse ten opsigte van verskeie skaaprasse aangebied asook veelvuldige lesings gegee by boeredae en simposiums. Verder was hy ook verantwoordelik vir die aanbied van verskeie kortkursusse wat behels het skaapvleisproduksie, beoordeling, bestuur, wolklassering ensomeer. Ook was hy betrokke by die keuring en beoordeling van verskeie skaaprasse, naamlik Merino, Dohne, SA Vleismerino, Walrich, Dorper en nog vele meer. Later jare het hy baie as kursusleier opgetree by talryke beoordelings-, wolklasserings-, skaapbestuurs- en skaaproduksiekursusse. Hy het op talryke skoue as beoordelaar opgetree vir verskeie rasse waarvan ses nasionale kampioenskapskoue was.
Sportgebied
Hy het provinsiale rugby sowel as krieket gespeel en het vir meer as 20 jaar as Vise-President van die Wes-Transvaal Rugby-unie. Hy is die stigterslid en voorsitter van die Suid Afrikaanse Landboukolleges rugby. Hy word later benoem as Ere-President en sameroeper van SALK-rugby keurders. Ook was hy intens gemoeid met ontwikkelingsrugby en geywer hom vir ‘n regmatige plek vir elke potensiële speler in die provinsie.
Kultuur
Hy was een van die stigterslede van die Potchefstroomse mannekoor. Hy het eers as voorsitter en later as sekretaris opgetree.
Gemeenskapsontwikkeling
Op 60-jarige leeftyd verwerf hy die diploma in Gemeenskapsontwikkeling aangebied deur UNISA. Hy werk vir 5 jaar vir die Onafhanklike Ontwikkelinstrust en bestuur talle ontwikkelingsprojekte, naamlik behuising, watervoorsiening, sanitasie, steenmakery in agtergeblewe gemeenskappe waartydens talle werkloses opgelei en bemagtig is. Hy is die projekleier met die bou van die kliniek in Promosa .
Naas alles wat hy gedoen het, het hy as mens kwaliteite van liefde en vergewensgesindheid gehad. Hy was nederig en sonder pretensie. Hy het ‘n passie vir die lewe gehad en voluit geleef en gewerk. Sy voorbeeld het hy oral saam geneem en uitgedra. Hy was ‘n geestelike leier in sy huis, ‘n anker wat diep gemis word deur sy vrou, Rietjie, kinders en kleinkinders.
Oom Piet se Diploma
4 Julie 2002 : Toespraak - SALK-rugbyweek
1952 - 1953 : P W de Jager : Links onder - Krieket
1952 - 1953 : P W de Jager : Regs bo